Agrisell Logo
Afsterwe van ons geliefde agent André Smit (76)

Afsterwe van ons geliefde agent André Smit (76)

Dit is met leedwese en simpatie dat AGRISELL ons kliënte moet meedeel dat André Smit (76), ons gewaardeerde agent te Laingsburg, op 19 Junie 2019 oorlede is na `n kort siekbed, in Worcester Medi-Clinic.

Die afgelope 11 jaar was hy `n baie lojale en ywerige agent wat beslis in getal die meeste plase tot op datum verkoop het, onder AGRISELL se vaandel.

Nie net was hy `n goeie vriend nie - maar meer nog, hy was ook `n goeie maat van Jannie Fourie.

Ons eer sy nagedagtenis en ons wens vir Magda, sy kinders en kleinkinders berusting en goeie herinneringe toe.

Ons eer hom vir goeie werk gelewer.

29 Jun 2019
Author Agrisell
Share
109 of 201
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.