Dit is met leedwese en simpatie dat AGRISELL ons kliënte moet meedeel dat André Smit (76), ons gewaardeerde agent te Laingsburg, op 19 Junie 2019 oorlede is na `n kort siekbed, in Worcester Medi-Clinic.
Die afgelope 11 jaar was hy `n baie lojale en ywerige agent wat beslis in getal die meeste plase tot op datum verkoop het, onder AGRISELL se vaandel.
Nie net was hy `n goeie vriend nie - maar meer nog, hy was ook `n goeie maat van Jannie Fourie.
Ons eer sy nagedagtenis en ons wens vir Magda, sy kinders en kleinkinders berusting en goeie herinneringe toe.
Ons eer hom vir goeie werk gelewer.