Agrisell Logo
Andre Smit
Andre Smit
Andre Smit
Andre Smit
Andre Smit
Andre Smit

Andre Smit

Andre Smit is 18 Mei 1943 in die ou huis op Silwermyn bokant Vishoek gebore. Sy pa en oudste broer het saam daar geboer met groente en hý het 300 koeie gemelk. In 1945 koop Andre Langkloof Plaas in agter-Paarl. In 1952 koop hy die plaas Zandrivier in Laingsburg distrik. Hier boer hy en sy broer van 1971 tot en met die plaas se verkoop in 2006.

In 1974 trou Andre met Magda. Hulle maak twee dogters en ʼn seun groot. Tans is hulle die trotse ouma en oupa van vyf kleinkinders.

Op Zandrivier boer hulle met melk, perskes, appels en groente. Daar was net vloedbesproeiïng op die plaas. Hulle begin om pype te lê en het aanvanklik 30ha onder sprinkelbesproeiïng gesit. In totaal is 37 boorgate op die plaas geboor waarvan hulle net nege kon pomp. Op die ou end het hulle 70ha onder sprinkelbesproeiïng gehad. Wintermaande saai hulle ongeveer 100ha hawer vir weiding vir die beeste en skape.

Na hulle Zandrivier verkoop, trek Andre-hulle na Laingsburg. Sy broer het homself in Ladismith gaan vestig. In Laingsburg werk Andre by ʼn plaaslike eiendomsagentskap vir ongeveer ʼn jaar. Hierna gesels hy met Jannie Fourie van Agrisell en besluit om aan te sluit waar hy oor jare verskeie plase, besighede en huise suksesvol verkoophet. Dis ʼn volle twaalf jaar later en Andre is steeds by Agrisell.

Boerdery is in sy bloed. Met twaalf jaar se ondervinding en kundigheid as Agrisell agent, is Andre goed toegerus om sy kliënte toereikend te dien. Sy area sluit in Touwsrivier, Ladismith, Calitzdorp, Beaufort-Wes, Fraserburg en Sutherland. As jy weet van iemand wat wil koop of verkoop in hierdie area kan jy hul nommer vir Andre (082 049 6780) gee en hy sal hulle kontak.

29 Dec 2018
Author Andre Smit
Share
123 of 201
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.