Agrisell Logo
Bernadette Swart
Bernadette Swart
Bernadette Swart
Bernadette Swart
Bernadette Swart
Bernadette Swart
Bernadette Swart
Bernadette Swart
Bernadette Swart

Bernadette Swart

Ek het grootgeword en gematrikuleer by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark in Gauteng, maar die Kaap het my hart gesteel gedurende my verhuising in 2015 saam met my kêrel (nou my man), Brendan Swart.

Ek was sedert kleintyd lief vir sport en het feitlik my hele skoolloopbaan aan atletiek deelgeneem.

Sedert hoërskool het ek grafiese ontwerp vryskut gedoen. Ek het ʼn diploma in grafiese ontwerp verwerf aan die Qualitas Career Academy en vir my eerste jaar voor die "groot trek" vir ʼn grafiese ontwerpers maatskappy gewerk.

Na ons verhuising het ek aangesluit by Agrisell as grafiese ontwerper en persoonlike assistent vir oom Jannie Fourie. Ek is maar soos hy sal noem "die baas van die plaas"; my werk behels administratiewe werk, oplaai van eiendomme op die webblad, ontwerp van allerlei reklame, ondersteuning en advies vir die Agrisell agente en kliënte verhoudings.

Ek is reeds twee en ʼn half jaar gelukkig getroud met Brendan en ons het ʼn dogtertjie, Mia (14 maande) - ons ou Poppelops!

As dit nie werk is nie dan spandeer ek tyd saam met my man in die gym, besoek talle plekke in die Kaap soos ʼn regte toeris, verkeer rustig saam met my gesin, familie en vriende en staan standvastig agter my man met sy besige lewe in die restaurant bedryf (Oppie Dorp) wat hy, sy broer en pa saam besit in die hartjie van Stellenbosch.

My kennis van die plaaswese is beperk, maar deur die jare het oom Jannie my onder sy vlerk geneem en geduldig so oor tyd maak hy my touwys; sy motto in die lewe is immers "hy belê in sy mense" en ek kan eerstehands getuig dat hy dit werklik doen. ʼn Hoogtepunt vir my gedurende die jare was hoe geheg mens raak aan die mense saam wie jy werk, die verhoudings wat jy bou en om te sien hoe groei Agrisell se familie, en om deel te wees van so ʼn merkwaardige familie wat wyd strek tot in elke hoek van Suid-Afrika. Ek groei elke jaar saam met Agrisell en elke mylpaal is ook vir my ʼn nuwe hoogtepunt!

23 Feb 2019
Author Bernadette Swart
Share
116 of 201
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.