Agrisell Logo
Danie van Rensburg
Danie van Rensburg
Danie van Rensburg

Danie van Rensburg

Ek het grootgeword en gematrikuleer in Albertinia in die Suid-Kaap. Ek het my B.Tech.: Omgewingsgesondheid (Environmental Health) verwerf aan die “Cape Peninsula University of Technology” en het vir 19 jaar as Omgewingsgesondheidspratisyn (Environmental Health Practitioner) in die Sentraal Karoo-distik gewerk met Beaufort-Wes as my standplaas. Ek het ook in my vrye tyd as ʼn geregistreerde argitekstekenaar bouplanne geteken.

Einde November 2013 het ek die Karoo verruil vir Jongensfontein, ʼn pragtige en rustige kusdorpie 9 km vanaf Stilbaai. Hier het ek ingeskakel saam met my pa (ook Danie) by Fanie du Toit Eiendomme as eiendomsagent en het ek ook die mark betree as vakansieverhuringsagent. Na die skielike afsterwe van ons prinsipaal, het ek en my pa die geleentheid gekry om in te kon skakel by Agrisell en sodoende ons horisone te kon verbreed.

Ek is reeds 21 jaar gelukkig getroud met Welma en het ons 2 seuns, naamlik Daniel (15/graad 9) en Johan (9/graad 3). Ek was sedert kleintyd baie sportief en het ek aan rugby, tennis, krieket en atletiek deelgeneem. Sedert hoërskool het ek baie lank gholf gespeel. Na ʼn operasie aan my pols moes ek egter my gholfstokke neerlê en het ek begin rolbal speel (ook ʼn paar jaar op provinsiale vlak). Tans ondersteun ek eerder my 2 seuns by hul sportaktiwiteite en geniet ek dit ook om te hengel en rustig saam met my gesin, familie en vriende te verkeer.

Ek glo dat as gevolg van die goeie leiding wat oom Jannie en Jan-Hendrik neem, maar veral ook weens die belangstelling en ondersteuning vanaf hulle en die administratiewe personeel, Agrisell nog baie hoë hoogtes sal bereik!

26 Oct 2018
Author Danie van Rensburg
Share
126 of 201
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.