Agrisell Logo

Sonde met die bure

Grensheinings tussen buurplase is `n netelige kwessie en is soms `n twispunt indien jy nie bekend is met die toepaslike wetgewing nie.

Artikel 11 van die Omheiningswet (Wet 31 van 1963) bepaal dat indien die bestaande grensheining opgradeer word tot `n superieure heining (bv. 2.4 meter wildwerende heining), die aangrensende eienaar nie verplig is om tot die koste by te dra nie – tensy hy voordeel van die nuwe heining benut omdat hy dieselfde diere met dieselfde heiningvereistes aanhou.  As die buurman byvoorbeeld net met beeste of skape boer, hoef hy net by te dra tot die oprigtingskoste en onderhoudskoste van `n heining wat sy skape en beeste op sy grond binnehou.  Indien hy in die toekoms met sy skape en beeste wegdoen en dan met wild begin te boer, dan is hy verplig om wel by te dra.

Artikel 17 van die Omheiningswet bepaal dat as `n heining opgerig word, of `n grensheining reeds bestaan, die heining 1,5 meter aan albei kante daarvan mag skoonmaak.  Die skoonmaak en skoonhou van `n grensheining 1,5 meter aan elke kant is die betrokke eienaar se plig.  Sou die buurman nie skoonmaak nie, het jy as die buurman die reg van toegang tot sy grond om dit te doen en mag die koste van die skoonmaak aan die buurman se kant van hom verhaal word. 

11 Mar 2016
Author Jannie Fourie, Prinsipaal
Share
194 of 201
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.