Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Agricultural / For Sale / Sutherland / Sutherland Rural / Farm / 1,151Ha Farm For Sale in Sutherland Rural

R4,211,000 | 1,151Ha Farm For Sale in Sutherland Rural

SHOWING LISTING 1 OF 1
GET EMAIL
ALERTS
0
VIEW MY
FAVOURITES
GALLERY

Sutherland: Plaas in Roggeveld! Stilte, Rus en Vrede!!!

Ontsnap na die skoonheid van die Karoo met hierdie pragtige plaas in die Roggeveld, slegs 20 km vanaf Sutherland op die Calvinia-pad wat tans geteer word (15 km reeds voltooi). Hierdie plaas, met 'n hoër reënval as ander dele van die streek, bied 'n unieke geleentheid vir diegene wat 'n rustige leefstyl soek.

Eienskappe van die Plaas:

Waterbronne: Die plaas beskik oor twee gronddamme. Een dam is naby die huis met 'n pragtige uitsig oor die huis, klipkrale, windpomp, en sementdam. Die tweede gronddam word as veesuiping in die veld gebruik. Daar is drie boorgate naby die huis, insluitend een met 'n windpomp en tenk wat water aan die huis voorsien (54 meter diep), een 31 meter diep naby die huis, en een by die pan wat 19 meter diep is en sterk water het met 'n sonpomp en goeie sementdam vir veesuiping. 'n Standhoudende fontein voorsien ook deur droogtes.

Boukonstruksie: Die plaas het ongelooflike mooi klipbanke en plat klippe, wat ideaal is vir bouwerk. Mense reis ver om hierdie unieke klippe te gebruik.

Outydse Kliphuis: Die karaktervolle kliphuis, gebou in 1916, skep 'n outydse atmosfeer met Oregon pine vloere, pragtige plafonne, en 'n soliede solder. Dit beskik oor drie netjiese slaapkamers, 'n groot badkamer met stort, 'n oop sitkamer en eetkamer met ingeboude braai, 'n ingangsportaal, 'n kombuis met agterdeur, en 'n oudtse spens wat natuurlik koel bly.

Ekstra Geriewe: Die plaas het 'n groot groentetuin naby die huis wat weer gevestig kan word, 'n sink stoor van 40m² wat gebruik word vir skaapskeer, en 'n buitebraai by die agterdeur.

Skennelandskap: Beleef sneeuneerslag reg op jou voorstoep gedurende die sneeutye, of geniet die sterre op oopgetrekte aande.

Nota: Prys is sonder BTW as 'n lopende saak.

Features

0
Zoning
Agricultural
Title
Freehold
Interior
Floor Loading Cap.
18.00 Tn/m²
Power (3 Phase)
Yes
Power (Amps)
220
Exterior
Security
Yes
Sizes
Floor Size
150m²
Land Size
1,151Ha
STREET MAP
STREET VIEW
-32.4100977, 20.670528
1
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.