Agrisell Logo

Agrisell verwelkom die Proterra span!

Na 21 jaar in die eiendomsbedryf en sedert 2002 in Piketberg, het mnr Thys Basson van Proterra Eiendomme besluit om eersdaags kragte met Agrisell saam te snoer.  Proterra Eiendomme is welbekend in die Weskus omgewing met verkoopskantore op Piketberg en Dwarskersbos.  Meneer Basson en sy seun Conrad was aan die stuur van die maatskappy. Die Proterra personeel het gesametlik 32 jaar ondervinding in die eiendomsbedryf. 

Die besluit om met Agrisell kragte saam te snoer is na lang oorweging geneem en berus veral daarop dat Proterra en Agrisell albei diens van die hoogste standaard aan kliënte wil lewer – hetsy kopers of verkopers. 

Meneer Basson sit dienslewering aan kliënte voort onder Agrisell. Kopers sal ‘n groter keuse van eiendomme hê en verkopers sal groter blootstelling vir hulle eiendomme geniet.

Ons nooi bestaande en voornemende kliënte uit om by Agrisell in Kerkstraat, Piketberg of in Hoofstraat, Dwarskersbos ‘n draai te maak – ons luister en help graag!

02 Mar 2018
Author Agrisell
Share
143 of 201
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.