Agrisell Logo
Kassel van den Berg
Kassel van den Berg
Kassel van den Berg
Kassel van den Berg
Kassel van den Berg
Kassel van den Berg

Kassel van den Berg

Kassel is 'n boorling van die Karoo en is gebore op De Aar in Oktober 1974.  Hy het groot geword op 'n plaas in Phillipstown saam met twee broers en 'n suster.  Die familiegrond is al generasies in die van den Bergs se besit.  Boer loop in sy are. 

Hy voltooi sy skoolloopbaan in 1992 in Bloemfontein waar hy 'n leerder van Grey College Sekondêr was.  Na skool het hy by Kovsies vir 'n paar jaar studeer en toe vir 'n jaar of twee gaan boer. 

Hy het egter besluit om eers  sy vlerke bietjie te sprei en Amerika gaan verken.  Hier het hy op 'n plaas in Nebraska gewerk vir 2 jaar.

Na hierdie omswerwinge het Kassel op Victoria-Wes as skaapbemarker begin werk vir Meatlands ,Colesberg en later vir De Aar Abbatior en hier sy vrou, Helene, ontmoet.

Saam het hulle besluit om weer te gaan boer en in 2004 opgepak en plaas toe getrek. Twee dogters is gebore en die jong gesin het hulself op 'n plaas naby Putsonderwater (ja, daar is so n plek) gevestig.

Die kinders is skool toe in Upington wat sy eie uitdagings gehad het. Na 5 jaar se alleen woon, met vrou en kinders in die dorp en 'n droogte wat druk, het die eiendomsberoep hom geroep.

Kassel is nou al 4 jaar in die eiendomsbedryf en het Junie 2019 by Agrisell begin werk.

Hy bemark graag plase en hou van die bedryf.  Kassel is 'n gemaklike persoon en kom maklik oor die weg met almal.  Sy vrou Helene het saam met hom begin werk, en nou fokus hulle ook meer op die bemarking van huise, plase en kommersiële eiendomme.

Saam maak hulle 'n wenspan in Upington. 

Kassel is 'n familie man en niks gee hom meer genot as om sy kinders te ondersteun in die sporte wat hulle doen nie.  Hy is self baie lief vir sport.  In sy ontspanningstye kyk hy graag alle soorte sporte op TV.

Hy is tans baie opgewonde in die nuwe werk by Agrisell en glo met die ondersteuning van die Agrisell netwerk kan hy na hoër hoogtes reik.

25 Jul 2019
Author Agrisell
Share
108 of 201
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.